baby
Lilypie First Birthday tickers

Tuesday, September 9, 2008

Nuusbrokkies

Sondag op die plaas in ware Franco wikkelwurm styl

* Die spa-treatment Donderdag was wonderlik! 'n Groot bederf en 'n ligpunt in 'n week wat andersinds maar vol moeilike aanpassings was.

* Boeta het Donderdag op 'n bottle strike gegaan - en wou Donderdag en Vrydag amper niks by die skool drink nie. My arme ou seuntjie - hy was SO honger toe ek hom opgelaai het Donderdag, en ons kon nie gou genoeg by die huis kom sodat hy kan voed nie. (Gelukkig was ek so ontspanne na al my masserings dat ek nie heeltemal uitgefreak het nie. 'n Mens is maar bekommerd, en wil so graag he dit moet goed gaan by die skool!)

* Vrydag het hy sy heel eerste formule-melkies in sy lewe gekry na 'n mix-up by die skool. (Ek melk nog elke dag uit vir hom). Weet egter nie of dit tel nie - agv die bottle strike het hy nou nie juis gedrink nie.

* Saterdag het ons ons eerste skoolfunksie gehad! Die skooltjie het verjaar, en ons het plegtig die verjaarsdag gaan bywoon. Franco is nog bietjie klein om die bak-en-brou en boeresport te waardeer, maar dit was amper onwerklik om die peuters dop te hou en te dink by die volgende partytjie is dit ons seuntjie wat so rondhardloop en homself met cup cakes besmeer! Het lekker gekuier met van die ander ouers in Franco se klassie.

* Sondag-oggend in die kerk ontdek ons dat die tema vir die maand "Visse" is. Hoe great is dit? Franco is ook in die Vissie-klas, en dit was vir my asof Jesus net self Sy hand op my skouer sit en se dat als ten goede sal uitwerk (Ten spyte van min slaap, aanpassingstories en bottle strikes!)

* Sondag was ons plaas toe vir my niggie se verjaarsdag. Het net voor die tyd gou bietjie by Ouma en Oupa gaan kuier - na 2 weke was Ouma Miekie se hart vol verlange! Ons het ons kamera vergeet, maar Ouma het baie fotos geneem - die foto hierbo is van Ouma se blog gesteel. Nog fotos en nuus te siene by www.janandmiekie.blogspot.com

* Gister het dit baie beter gegaan by die skool! Dis met vreugde dat ons kan rapporteer dat Franco 10:00 so 70ml gedrink het en 14:00 amper 135ml! Dit wil lyk of die baie gebede en Pappa se gedetermineerde oefening die naweek gehelp het! Prys die Heer! Ek voel soveel beter!

* Ons prinsie kan hande klap - nou nog nie op demand nie, maar sommer so op sy eie vir die lekker! Hy was vanoggend te skattig - le in die bed terwyl hy baie opgewonde vir homself handjies klap en abvvvvv, abvvvvv gesels. Baie trots op homself! (Natuurlik maak hierdie cute-geid amper vir Mamma laat vir werk. Kon myself net nie sover kry om op te hou kyk en klaar te maak vir werk nie!)

* More-oggend is al weer inspuiting tyd. :-( Die vorige kere het dit darem redelik goed gegaan, so ek is hoopvol vir hierdie keer ook maar dit bly darem nie 'n lekker affere nie.

Dink dis ons nuus in 'n neutedop! Hoop dit gaan wonderlik goed met julle almal!

5 comments:

Charmaine said...

Dorette hierdie inskrywings gaan sulke kosbare perels wees as Franco eendag groot is. Ek lees en ek onthou hoe belangrik elke enkele mylpaal en ml melk wat hulle drink is. Is dit nie wonderlik nie. Ontspan en geniet hom. Jy is 'n oulike mamma

Dorette said...

Charmaine

Franco word so vinnig groot dit voel vir my as ek nie ietsie neerskryf nie dan sal ek so min onthou!

Dankie vir die inloer

xox

Miekie said...

Ek is so trots op jou om so vol te hou met die borsvoeding. Ek het 'n rateltjie vir Franco.

Dorette said...

Hi Ma

Dis te danke aan almal se goeie ondersteuning! Dankie vir die rateltjie!

Lief vir jou

Charmaine said...

En jy is reg, mens vergeet nie maar as mens dit nie neerskryf nie gaan dit uiteindelik verlore. Jy gaan so bly wees as jy hiermee volhou. Geniet jou pragtige klein seunskind