baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, September 14, 2008

Koskaskanades!

Die inspuiting Woensdag het goed gegaan. Franco was 'n kampioen en het amper niks gehuil nie! (Dis nou met die inspuit-slag. Hy het wel 'n grote keel opgesit toe ons hom weeg - waarom weet ons nie :-)



Franco raak-raak nou aan die 6kg - net mooi dubbeld dit wat hy met geboorte geweeg het! Is ook nou 63cm lank - 'n volle 13cm gegroei! Hy het egter die laaste maand net so 80g per week opgetel wat volgens die suster bietjie aan die min kant is. (Ek sou ook nie gewig optel as ek nie my melkies drink nie!) Sy het voorgestel dat ons begin met vaste kossies, want dalk is hy 'n eter meer as wat hy 'n drinker is.




Voor die tyd: Dis seker omdat ek so oulik lag dat die kameras so flits!


Wag se net gou weer - waar moet die kos nou eintlik ingaan?


Dink nie ek hou eintlik van pampoen nie



Die eerste etery het heel goed begin, met Franco wat lag en gesels en Pa en Ma wat beurte maak om te voer. Net toe ons onsself begin gelukwens met hoe goed die etery gaan, wys Boeta vir ons niks in hierdie ouerskap avontuur is eenvoudig nie, en stuur al die kossies terug! Arme Seuna! Hy was so groot sport, en het sy bes probeer maar dis nie sy skuld as die pampoen hom naar maak nie. Toemaar jong - hopelik een van die dae het jy (en ons!) hierdie eet-ding onder die knie.

Dag 2 het nie veel beter gegaan nie - al het ons hom probeer opbeur met 'n borslap wat pas by die ete van die aand. Sover dus is Franco meer van 'n drinker as 'n eter - 'n baie selektiewe drinker wat sy kos se verpakking sorgvuldig kies!

3 comments:

Jan and Miekie said...

Ons bid dat dit hierdie week beter sal gaan met die bottels! Franco wees nou 'n slim seuntjie en drink jou bottels by die skool en as jy by Ouma kuier, anders kry jy dalk een van die dae Nan en dis nie so lekker of so goed vir jou soos Mamma se melk nie!

Dorette said...

Ons bid net so hard saam! Dis 'n woeste roller coaster ride en ek dink ons al 3 is gereed om af te klim..

Charmaine said...

Groot vasbyt Dorette. Dalk sal hy pap eet... mieliepap... :-) myne het toe die melkies nie werk nie. Ek dink aan julle en ek onthou so goed die kommer oor die etery en drinkery.