baby
Lilypie First Birthday tickers

Saturday, November 22, 2008

Jaareindfunksie!

Dit was Vrydag-aand my werk se jaar-eindfunksie. Die jaar was die tradisionele dinner&dance se dress code: Come as a superstar! Enige raaiskote oor wie ons was? :-)

Ps - Franco was baie skepties oor sy ma se reguit hare. Hy het my 'n hele rukkie stip aangestaar voor hy besluit het dis tog ek, en my toe beloon met die mooiste glimlaggies.

Ps 2- Ouma Elna en Oupa Frans was toevallig in ons geweste vir 'n begrafnis. Hoewel ons jammer is oor die begrafnis, was ons baie dankbaar om sulke goeie baba-oppassers sommer in Franco se eie huis te he! Dankie julle! Ons waardeer dit baie

2 comments:

Jan and Miekie said...

Julle het te oulik gelyk. Het my naam iets met die keuse te doen gehad? Het dit so gehaat kleintyd as mense my Miekiemuis genoem het!! Nou noem ek myself maar so as mense dalk gaan sukkel om my naam te onthou. Hou darem meer van my eie spelling as die regte "Mickey"

Dorette said...

Hie-hie Ma Miekie! Die muise was eintlik Hannes se idee, maar ons kan maar speel asof Ma se naam die inspirasie was. :-)

Die koerant se Mickey is die jaar 'n volle 80 jaartjies oud - dink Ma nie Gert dra sy jare goed nie?