baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, November 16, 2008

'n Paar (effens minder) oulike goedjies wat Franco deesdae doen

Net eers - Franco is soveel beter! Prys die Here! Dit was Vrydag laas nodig om enige koorsmedisyne te gee, en te oordeel na die gelag en gesels gister en vandag sou mens skaars kon glo hy is eintlik 'n siek babatjie.
Ek is 'n seuntjie-seuntjie! Julle dink ek is nog siek, maar my kop is al klaar vol plannetjies!

Franco is so oulik, ons wil hom net heeldag opsoen en opdruk. Daar is egter deesdae die een of twee effens mindere oulike dingetjies wat hy ook aanvang...

1) Franco knyp mens! Dis wonderlik dat hy die "pincher's grasp" so goed bemeester, maar minder wonderlik as hy sy nuwe vaardigheid op jou bobeenspier/wang/watookal uitoefen. Daai twee vingertjies kan nogals stewig vasknyp.

2) Tesame met die knyp vaardighede, kan Franco deesdae ook "love bites" uitdeel. Hy het nou die dag tydens selgroep my arm sopnat gesoen/-suig en ek het hom maar laat begaan. Ek was salig onbewus van die blou kol todat iemand by die werk my daaroor uitgevra het.

3) Franco het 'n liefde vir oorbelle en brille ontwikkel. Dis al lankal wat Ma se lang hare en hangertjies om die nek groot teikens is vir handjies om te gryp, maar die afgelope week of wat het oorbelle en brille ook die lys van "Begeerlike Dinge om te Gryp (BDG)" gehaal.
"Boetman, Mamma kon nog haar hare vasmaak, en die juwele vir eers wegbere maar sy het regtig haar bril nodig om te kan sien waar sy loop! Vir jou eie veiligheid sal Mamma dit dus waardeer as jy haar bril uitlos, en nie kraai van die lag as jy dit by die trap afgooi terwyl sy jou dra nie!"

4) Ander dinge wat ook die BDG lys gehaal het sluit in die kamera en Pa se borshare (Glo nie Gert sal ooit weer aanbied om Franco se bottel te gee voordat hy sy hemp aangetrek het nie :-)

Gee daai kamera bietjie hier seblief man! Ons klein blou-oog met die lang wimpers (nes sy Pappa!)

5) Franco se nuwe manier om aan te kondig dat hy klaar ge-eet is, is om die laaste happie prrrrt uit te spoeg. Als binne tref-afstand (sy kleertjies,die tafeldoek, my klere en bril) verkry dus sigbare bewyse van wat ons ge-eet het. En as ek in my kwaai stem probeer raas, dan dink die klein Prins dis uiters snaaks en lag uit sy magie uit...

Gelukkig outshine Seuna se oulike kwaliteite by verre die paar klein effens lastige goedjies! Ons ry perdjie en speel "Was hy - das hy!" dat dit so klap. Franco sit AL langer stil en speel met sy speelgoedjies. Hy doen opstote, hy wikkel met die beentjies en het dit vandag selfs reggekry om te begin leopard crawl agter sy geliefde balle aan! Ons geniet hom SO-SO baie, en kan skaars ons lewe indink sonder die kleinman in ons lewe.

Die ene konsentrasie met sy aktiwiteitsspeelding

Dankie Here vir so spesiale klein seuntjie! Dankie dat U die Geneesheer was wat hom gesond gemaak het! Dankie dat hy soveel vreugde in ons huis bring, ons harte wil sommer bars so vol is dit. Here, help ons om die uitdagings van ouerskap ook so te hanteer soos wat U wil he ons moet. Help ons seblief om altyd U voorbeeld na te streef, en dat Franco selfs wanneer ons moet raas en kwaai wees nogsteeds die liefde wat ons vir hom het sal ervaar. Dankie Here dat ons kan liefhe, omdat U ons eerste liefgehad het.

6 maande, 3 1/2 weke

7 comments:

Jan and Miekie said...

Hy het darem nog nie vir ons geknyp nie! Dankie vir gister se kuier!

Charmaine said...

Dis dierbaar die Dorette. En ja, so groot geskenk van ons Groot Pa... ons kinders..

Dorette said...

Ma Miekie - Ek is bly Franco het nog nie vir sy Ouma geknyp nie! Ons werk hard daaraan om hom te leer dat mens nie ander mense knyp/skop/spoeg of byt nie - hoop maar dat ietsie erens insink. :-)

Charmaine - ons is so dankbaar vir ons seuntjie! Hy is lank en ernstig van die hemel af gebid, en ons hoop om dit nooit ooit te vergeet nie.

Thelwyn said...

Ag hy is so sweet! Een smile en als is vergewe! Bly hy is beter. Lekke dag

Sandra said...

Daai glimlag en kyk op die eerste foto vertel my hy weet al klaar wat vir hom gaan werk of nie. Geniet hom!

Dorette said...

Sus - ek sal moet weerstand opbou teen daai smile! Die klein rakker weet net hoe om my hart te laat smelt..

Sandra - dis baie waar! So klein soos wat Franco is, weet hy baie goed oor wat hy wil en nie wil nie en komunikeer dit baie goed!

Muriel said...

Ag moeder, hy sal my ook oorrompel met daardie smile. Met so glimlag sal ek nie eers weet hy byt en knyp nie!

Ek is bly dit gaan nou weer beter met hom!