baby
Lilypie First Birthday tickers

Friday, November 14, 2008

Skoon siek van verlange!

Gert het 'n besigheidstrip van 'n paar dae gehad. Boeta het so na sy pa verlang, dat hy sommer op aand 2 ewe skielik siek geword het. :-( Mamma het gedokter en gesus en getroos so al wat sy kan, maar dit was een moeilike nag.

Siektes kom natuurlik op dae wanneer dit die minste pas. Daar mis Franco toe sy heel eerste skoolkonsert (waarvoor ons ten duurste kaartjies gekoop het!) en gaan nou nie op sy klasfototjie pryk nie (waarvoor ons ook al betaal het). Die arme ander ouers - dink julle hulle sal vreeslik teleurgesteld wees as hulle agterkom die mooiste seuntjie in die klas is toe nie op die foto nie? :-)

Donderdag was die braking darem onder beheer, maar die koors wou nie wyk nie - toe gaan kuier ons maar vir tannie Dokter. (Dankie vir nudge, nudge Ouma Miekie!) Diagnose? Mangelontsteking! En Franco se heel eerste kursus antibiotika.

Ek en Franco het omtrent die happy dance gedoen toe Gert gisteraand by die deur instap! Nog 'n paar hande kom nogals handig te pas as mens stoei om medisyne in 'n kleine seuntjie in te kry. 5ml is darem 'n woeste lot medisyne om binne te kry! (En dan is daar nog 3 ander medisynes wat ook hul beurt moet kry!)

Die bietjie antibiotika wat 1) nie uit die druppertjie geloop het voor ons die mondjie kon oop forseer nie, en 2) nie onmiddellik in ons gesigte teruggespoeg is nie en 3) nie so 60 sekondes na die hele gedoente opgebring is nie - daai bietjie antibiotika lyk darem of dit help. :-) Gisteraand was 'n baie beter nag! My wereld is 'n soveel beter plek as my beste maatjie in die omtrek is!

Darem maar snaaks hoe reuke herinderinge terugbring? Ek dink ek het laas Ponstan en yskas-antibiotika geruik toe ek nog die kleine pasient was. Is net seker ek het nooit my ma so laat suffer met die medisyne gee nie - ek het mos altyd alles baie mooi gedrink, ne Ma? ;-)

6 maane 3 weke

6 comments:

Muriel said...

Die ander ouers gaan verseker teleurgesteld wees dat die Prinsie nie op die foto is nie. hie hie

Ag siestog, ek hoop hy word gou beter!

En ek is bly jou maatjie is terug!

Lekker naweek!

Dorette said...

Muriel - ek kan maar net hoop dat die teleurstelling nie TE erg sal wees nie. :-)

En ek is net so bly my beste mater is weer in die omtrek. Dan sien ek sommer weer kans vir baie!

Jan and Miekie said...

Ek hoop Franco is vandag al heeltemal gesond! Dis BAIE sleg as hy siek is... ons kry hom (en sy ouers) so jammer!

Charmaine said...

Ek het so lekker gelees aan die inskrywing Dorette. Ek was sommer terug in daardie maama van 'n siek baba skoene en medisyne stryd.. Ek bid vir spoedige beterskap vir kleinman. Dis wonderlik om 'n ouma nabyrig te he ne. Saam met jou bly jou maat is terug. :-)

Sandra said...

Hoe vat die naam "Ponstan" my nou terug na toe die kinders klein en siek was :-). Hoop die kleinman is baie beter nou.

Dorette said...

Charmaine en Sandra - dankie vir die gebede! Dit lyk darem of Franco aan die beter word is. Die medisyne gee gaan darem ook al beter - ons leer vinnig wat werk NIE!