baby
Lilypie First Birthday tickers

Tuesday, November 11, 2008

My eerste sippy cup!

Franco drink deesdae sy bottel, maar dit gaan maar baie langtand. Die klein meneertjie verdra slegs Pigeon botteltiete en slegs formulemelk in 'n bottel. Geen water of borsmelk uit 'n bottel vir hom nie! En moenie eers probeer om enige ander botteltiet as Pigeon te probeer nie - geen Nuk, Avent, Baby Club of enige iets anders werk vir die fynproewer nie.

Die klinieksuster wil graag he hy moet meer water drink, en die skooltjie is gretig dat Seuna sy eie bottel begin vashou, maar Franco doen dinge op sy manier en op sy tyd :-) Vanaand het ek op die ingewing van die oomblik besluit om die sippy cup nader te trek. Het die bekertjie eers net met water vol gemaak want ek was seker Boeta sou dit net rondswaai en als bemors sonder om iets te drink. Was ek verbaas toe hy nie net die bekertjie mooi vashou nie, maar ook so ewe 'n hele paar slukke water drink!

Wat is die speelding? Nes Ma gedink het, word die bekertjie met gutso rondgeswaai...
Maar ek het begin regkom toe Mamma my op haar skoot tel en help om reg te mik. Amper daar...


Sjoe Mamma! Ek weet jy wil op die blog spog oor hoe mooi ek die bekertjie vashou en selfs die water drink, maar die flash is bietjie erg!
As ek geweet het dit sou so goed afloop, sou ek vir Gert gewag het om huis toe te kom. Dis nogals 'n uitdaging om 'n wriemelende baba op die skoot te hou, te wys hoe werk die bekertjie en nog 'n kamera te hanteer! Maar fotos moes ons he :-)
6 1/2 maande

4 comments:

Muriel said...

Baie mooi Franco! Hierdie is 'n slim mannetjie! :-)

Sandra said...

Ons het groot probleme gehad as Nelmari se spesifieke soort dummy soek was, sy wou niks anders drink nie. Baba's begin reeds klein hulle persoonlikheid wys en klein Franco lyk na 'n man wat weet wat hy in die lewe wil he.

Dorette said...

Muriel - Ek dink natuurlik ook Franco is die slimste, oulikste seuntjie wat jy kan kry! :-)

Sandra - Franco weet baie beslis wat hy wil he! Ek het 'n hele rak vol bottels wat nie die Franco toets weerstaan het nie. Als nog splinternuut, en nogals 'n paar $$ as mens als bymekaartel. Sal maar bere vir ingeval Baba #2 ook so particular is. :-)

Charmaine said...

Ai Dorette dit laat my terugdink. Riza was net so onmoontlik met die tietie toets. Ek het eendag so met die apteker baklei omdat hy elke keer ander soorte bestel omdat hy nie 'n idee het waardeur ek gaan as my meis nie die regte tietie op die bottel het nie. Die arme man... hy het my maar net so gekyk.. Ek het simpatie met jou. Maar Franco is CUTE!!!