Die klinieksuster wil graag he hy moet meer water drink, en die skooltjie is gretig dat Seuna sy eie bottel begin vashou, maar Franco doen dinge op sy manier en op sy tyd :-) Vanaand het ek op die ingewing van die oomblik besluit om die sippy cup nader te trek. Het die bekertjie eers net met water vol gemaak want ek was seker Boeta sou dit net rondswaai en als bemors sonder om iets te drink. Was ek verbaas toe hy nie net die bekertjie mooi vashou nie, maar ook so ewe 'n hele paar slukke water drink!
As ek geweet het dit sou so goed afloop, sou ek vir Gert gewag het om huis toe te kom. Dis nogals 'n uitdaging om 'n wriemelende baba op die skoot te hou, te wys hoe werk die bekertjie en nog 'n kamera te hanteer! Maar fotos moes ons he :-)
6 1/2 maande