Saterdag-aand was dit Franco se kleinniggie se tweede verjaarsdag. Lee-Anne is die jongste kind van Peter en Onja. (Onja is Gert se niggie aan vaderskant). Ek leer baie "tricks of the trade" by Onja, en ons is maar te dankbaar vir al die
hand me down speelgoed en klere!
Lee-Anne is een skattige bondeltjie energie wat haar verjaarsdag vreeslik geniet het.

Die verjaarsdagmeisie (Die pleister op die arm is omdat sy haar knie gestamp het, maar op 'n pleister op haar ARM aangedring het om die eina beter te maak)
Geskenke oopmaak is soveel lekkerder as mens die papier maar kan skeur! (En na die tyd speel hulle lekkerder met die papier en bokse as met die eintlike persente ne)
Franco wonder waaroor die bohaai gaan. (Toemaar Boeta, een van die dae is dit Kersfees en dan sal jy gou-gou leer van die wonder van persente!)6 maande, 2 weke
3 comments:
Se baie geluk aan Onja-hulle van ons. Sy is skattig ne?
Sy is skattig! Dis nie die beste fotos nie, maar ek moes ietsie sit van Franco se eerste verjaarsdagpartytjie waarheen hy uitgenooi was. :-)
Klein Franco regtig heeltemal verstom...:-) Dis 'n pragtige ou dogtertjie. Baie geluk Lee-Anne
Post a Comment