baby
Lilypie First Birthday tickers

Tuesday, November 18, 2008

Huiswerk gedoen!

Charmaine het my getag om die meme te voltooi

Sunday Stealing's McDanger Meme

What are your nicknames:
Soms Kleintjie en soms Kabouter – meestal net Dorette

What TV gameshow or reality show would you like to be on:
Amazing Race vir die geleentheid om al daai ongelooflike plekke te sien. Maar ek sal dit heelwat rustiger wil doen, en die ervaring indrink en nie so gejaag nie. Defnitief nie Survivor (ek HAAT rugstekery) of Fear Factor (obvious reasons) nie.

What was the first movie you bought in VHS or DVD:
My trouvideo - slegs omdat dit ‘n troupersent was. Ek was vir meer as 10 jaar lank TV-loos (van ek koshuis toe was in std 8 tot laasjaar toe ek ‘n TV by ‘n sake-ontbyt gewen het) Te veel TV irriteer my nog steeds – ek sal eerder boek lees, as doelloos vir die een-oog monster sit en staar.

What is your favourite scent:
Parfuum: 5th Avenue (My troudag persent van Gert!)
Kos: Warm varsgebakte brood
Die heel beste reuke ooit? Gert se drukkies, en Franco se Elizabeth Anne’s babalyfie

If you had one million dollars to spend only on yourself, what would you spend it on?
Ek sal my werksure minder maak sodat ek meer tyd met my Seuna kan deurbring. Ek sal meer wil reis, en avonture beleef saam met my dierbares. En verder sal ek graag die geld gebruik om ander te bless –there is much joy in helping others!

What is one place you've visited, can't forget and want to go back to:
Praag oor dit so mooi is. En Parys – toe ons daar was, was ek vrot van die griep, die weer was mislik en die staking in die openbare vervoerbedryf het massive verkeersknope veroorsaak. Ek sal graag wil teruggaan en die mooi, romantiese Parys waarvan almal praat beleef.

Do you trust easily?
Ja, en ek het ook al my vingers rooi gebrand. (Ongelukkig ditto Charmaine)

Do you generally think before your act, or act before you think?
Hang af van die situasie. Gewoontlik deurdink ek dinge goed, maar as ek lief is vir die betrokke persone dan praat my hart soms voor my kop kan dink!

Is there anything that had made you unhappy these days?
Franco wat siekerig was. Die misdaad vlaag in my ouers se omgewing en bekommernis oor hul veiligheid.

What is your favourite fruit?
Granny Smith Appels – hoe suurder hoe beter :-)

What websites do you visit daily?
Blogs en Beeld

What have you been seriously addicted to lately?
Ek kuier laaank oor ‘n telefoon – tel dit?

What's the last song that got stuck in you head?
Dit borrel in my, want ek is so bly (Van Franco se Loflaaitjies DVD)

What is your favourite thing to wear?
‘n Rooi en wit toppie – ek voel mooi daarin

Do you think Rice Krispies are yummy?
Nee wat – ek is te gou weer honger daarna! Eerder muesli

What would you do if you saw $100 lying on the ground?
‘n Bank soek om die noot om te ruil! Hie-hie
Waarskynliker? Dit optel as niemand anders lyk of hulle dit soek nie. Dit dan in my beursie bere vir weke voor dit sal oorskuif na ons “Oorsese Geld” beursie en droom van eendag weer “oorsee” gaan…

What items couldn't you for without during the day?
My middagete :-) My bloedsuiker is laag, en daarom moet ek gereeld knibbel anders voel dit ek gaan omkap.

What should you be doing right now?
Ek wag vir ‘n verslag wat hardloop – so ek werk tegnies nogsteeds! (Maar ek kon seker bietjie liaseerwerk ingehaal het)

Ek tag vir Ma Miekie as sy tyd het en almal wat nog wil speel!

4 comments:

Muriel said...

Hello Kabouter, koes ek gou-gou! hehe

Mens leer baie van mense ken met hierdie speletjies en kan sommer optel dat jy baie spesiaal is :)

Die misdaad situasie is hartseer! Mens is altyd bekommerd oor jou geliefdes! Dis abnormaal! Mens moet maar net op jou knieë bly!

Charmaine said...

Hi Kleintjie... :-) sal ek ook gou koes...? Dit was nou lekker om jou so te leer ken. Allerhande interessante dinge. Ek akn so verstaan van die meer ure nodig he vir jou kleinman. Werk is ons almal se lot, wel meeste van ons. Ons bid saam vir jou ma-hulle se veiligheid. Ons land is so stukkend van die misdaad.

Sandra said...

Ai die reuk van 'n baba is baie spesiaal.

Nou weet ek sommer 'n klomp goedjies van jou af.

Dorette said...

'n Mens leer mekaar ken so tussen die vragies ne! Dankie vir julle gebede oor die misdaadsituasie - as ons almal genoeg bid, gaan hierdie sonskynland van ons nie anders kan as om te verander nie. Ek leer so baie by my ma-hulle en bewonder hulle daarvoor

Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. 2 Tim 1:7

Laat SY wil geskied!