baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, November 23, 2008

Raai wie is 7 maande oud? En wat 'n woeste dag!

Sewe maande oud!
Sjoe - ons is al in die tweede helfte van sy eerste jaar! Kan skaars glo die tyd glip so vinnig verby...
Boetman jy word sommer nou vinnig groot! Jy sit, jy wurm-kruip, jy hou al 'n bekertjie vas en jy is sommer net jy! Een bondel non-stop baba-dinamo wat altyd aan die gang is. Jy speel jou ouers stokflou! (Maar ons sou dit nie anders wou gehad het nie)
Die skool vertel vir my jy hou nou al selfs jou bottels vas - dit wil Mamma nog sien, want by die huis sal jy klomp dinge vashou maar wil nog soos 'n wafferse prinsie gevoed word. Maar dis maar reg so Seuna - jy word nou so vinnig groot, Mamma geniet nog hierdie gentle reminders dat jy darem nog haar babatjie is.

Vroeg Saterdag-oggend en ons is besig om op die bal te hop! (Ek lyk net bietjie flou na die vorige nag se partytjie)

Ek word 'n groot seuntjie! Pa en Seun Saterdag in Oom Hannes se woonstel

Ek kan nog 'n opstel skryf oor hoe oulik Franco is, maar ons dag het skielik 'n ander wending ingeslaan toe ons na kerk agterkom die geyser het gebars en die spaarkamer is onder water. :-(
Franco was besig om op sy speelmat te speel toe Gert die "wonderlike" ontdekking gemaak het. Toe die chaos begin, het hy op sy magie omgerol en ons bekyk. Die klein klitsie het homself gebreek vir sy ouers wat rondskarrel met emmers en nat goed uitdra. Die lyfie het skoon geskud van die lag elke keer wat ons daar verby gehardloop kom. :-)
Dit was omtrent 'n deurmekaar res van die dag van sukkel met nat beddegoed, emmers wat die wereld rondstaan en loodgieter stories. Ek en Gert is albei stokflou om die minste te se. Ek is baie dankbaar dit het die week gebeur, en nie laasweek toe Franco siek en Gert weg vir werk was nie!
Ons was te besig om van die geyser chaos fotos te neem, maar ons het darem van Franco se eerste swem geneem!
(My ouers het by ons kom eet, en terwyl Gert loodgieters uitgesorteer het, het ek, Ouma Miekie en Franco bietjie in die swembad afgekoel)

'n Stokflou seuntjie modelleer sy hoed wat Ouma Elna spesiaal vir hom gemaak het! Dankie Ouma!

6 comments:

Jan and Miekie said...

Ek hoop julle slaap lekker vannag! Kan nie wag dat ons weer swem nie!

Charmaine said...

Baie geluk met die sewe maande merkie. Dit klink of dit voorwaar 'n dag was om te onthou... al die lekker en minder lekker dinge. Ek kan my net die prentjie indink van rondharloop met emmers en klein Franco wat dink dis baie snaaks :-)
Jy moet op my blog kom loer Dorette. Daar is ietsie vir jou

Muriel said...

Baie geluk!

Dit klink omtrent of dit deurmekaar by julle gegaan het!

x x

Dorette said...

Ma Miekie - as Franco elke keer so lekker doedoe na die swem, gaan ons beslis nog baie swem in die toekoms! :-)

Charmaine - die oppe en die affe is wat die lewe interessant maak. Dankie vir die toekenning!

Muriel - dit was 'n deurmekaar dag! Maar gelukkig het ons nou weer warm water, en die huis lyk al meer sy gewone self met minder dinge wat rondstaan.

Sandra said...

As hy kon loop sou hy sommer in die huiswater geswem het :-). Goed julle het hom gewys 'n swembad werk beter.

Dorette said...

Sandra - ek is seker hy sou! Ek wil amper nie dink hoe groot die geyser chaos sou wees as daar 'n rondhardlopende woelwater ook tussendeur was nie. :-)