baby
Lilypie First Birthday tickers

Monday, November 24, 2008

Kruipgogga

Franco kan nog nie kruip nie - but it is not due to a lack of trying! Elke dag is dit net oefen, oefen, oefen vir ons klein prinsie.

Vasbyt Seuna! Ons weet dat jy sommer een van hierdie mooi dae sal uitfigure hoe om die armpies en bene saam te koordineer - en actually vorentoe in plaas van agter toe beweeg! :-)

Hier demostreer Franco sy eie oefenprogram ter voorbereiding van kruip - dis nou vir ingeval daar ander babatjies in blogland is wat ook graag wil kruip. (Sy ouers reken Franco-kyk is meer pret as TV-kyk!)
'n Lekker sterk push-up. Herhaal die op-en-af beweging so 30-40 keer na mekaar. Bonuspunte as jy so sterk kan opstoot dat jy sommer so agteruit skuiwe...en dan jou ouers laat lag omdat jy so gefurstreerd is met die agteruit boerdery.
As die armpies mooi opgewarm is, dan is dit tyd vir die rugspiere. Le op jou magie, en lig gelyktydig die voete en hande in die lug. Swem in die lug terwyl jy vorentoe en agtertoe wieg.
Kniee op, trek onder die boudjies in. Stoei stoei met jou gesig in die matras gedruk. (Goed vir nekspiere). Die word ook die wurmkruip genoem.


Nog 'n voorbeeld van wurmkruip. Wikkel die kniee ver genoeg vorentoe sonder om die armpies te beweeg. As jy dit lank genoeg doen, dan plof jou gesig in die kombers/bank/matras in, en die momentum van die plof is goed genoeg om die bolyf vorentoe te propel. Herhaal soveel keer as wat nodig is om by speelding uit te kom. Slim ne?


Die maak-Mamma-opgewonde-beweging. Trek die kniee op, stoot op met die armpies en vorder so halwe beweging vorentoe. (Onthou om vir die opgewonde Mamma te glimlag - mens wil mooi lyk op die blog!)
Die afwen-beweging. Net na afloop van die maak-Mamma-opgewonde-beweging, gee 'n groot sug en val kaplaks op jou sy. Stoot die beentjie uit, en rol dan eenvoudig waar jy wil wees - soveel makliker!
Franco - jy verskaf jou ouers SOVEEL plesier! Ons geniet dit so om al die mylpale saam met jou te beleef, en staan verstom oor hoe perfek Jesus jou geskape het. Die Vader se vingerafdrukke is orals oor jou! Sterkte vir die kruip-slag - Mamma is seker jy sal dit binnekort regkry! (Jy is klaar so woelig - Mamma hou maar haar hart vas as sy dink hoe jy haar op haar tone gaan hou as jy eers regtig mobiel is). Elke dag kan ons nie vir die Here genoeg dankie se vir die kosbare persent wat JY is nie.
7 maande

4 comments:

Miekie said...

Ai Franco, so naby en tog so ver! Miskien sal dit vir jou mamma-hulle tog makliker wees as jy die eintlike kruipery met nog so 'n maand uitstel. Om te kuier met 'n kruipende baba is nie maklik nie - Ouma weet! Maar as hulle terugkom kan jy maar laat wiel. Ouma sien baie uit daarna om jou oor 2 weke op te pas. Soet bly!

Muriel said...

Ag mense ek eet die mannetjie sommer op, kyk hoe lekker lag hy by die wurmkruip!

Ouma Miekie kan nie wag vir die oppas nie! he he

Julle is baie geseënd met so perfekte - pragtige seuntjie!

Dorette ek sien julle gaan bietjie kuier, julle moet dit geniet!!!!

Sandra said...

Duidelik geniet hy die oefen om te kruip baie. Wag as hy eers begin beweeg :-)

Dorette said...

Ma - die bietjie wag om te kruip sal die kuier seker makliker maak, maar instussen is Ma se kleinseun een gefurstreerde seuntjie!

Muriel - ons se elke dag dankie vir ons seuna! Ons het baie vir hom gebid, en sy laggies is musiek in ons ore!

Sandra - al die ervare mammas se vir my: "Wag tot hy eers begin beweeg". Ek hou maar my hart vas! Maar elke nuwe fase bring sy eie lekker ne.