Tuesday, February 3, 2009
Nie my beste 24 uur ooit nie
Ek is in die Kaap vir werksdinge die week. Was Sondag-aand so 20min reeds in die lug, toe die mikrofoon kraak "Ladies and gentelman, this is your Captain speaking....". Blyk toe dat een van die deure nie mooi seel nie, ons pressure verloor!?, en dat ons maar eerder gaan omdraai. Net na die aankondiging is ons deur woeste turbulensie - is seker die turbulensie het geen verband gehad met die deur wat nie seel nie, maar dit is maar erg skrikkerig om so te wip-wip deur die lug as jy nou net gehoor het daar is fout. Ek het maar baie gebid!
Die vroutjie langs my was heeltemal uitgefreak deur die storie en het vir die res van die rit met haar gesig in haar hande gesit en bid/huil/prewel. Die geleentheid om met haar te praat wou homself nie voordoen nie, maar ek sal aanhou om vir haar bid. Is ons Koningskinders nie bevoorreg nie? Al wil ek nie vreeslik graag nou doodgaan nie, weet ek dat ek weet dat ek weet - my lewe is Christus, en selfs die dood is 'n wins.
Ons was so 40min op die grond, toe kon ons darem weer opstyg sonder probleme. Die rede hoekom ons laterig Sondae-aande vlieg is om maksimum tyd saam met ons families te he, maar nogsteeds so te vlieg dat ons 'n volle nag se slaap inkry sodat ons kan skerp wees tydens al die vergaderings Maandag. Noddeloos om te se - die "land net voor 21h en is voor 22h by die hotel en in die bed" raak toe meer 'n "land net na 23h en is so 24h by die hotel". Fun times. En nie te bevordelik vir op en wakker wees nie. My gewone slaaptyd is nader aan 21h :-)
Maandag-more was ons skaars aan die gang, of Franco se skooltjie bel. Boeta het opgegooi, het koors en is vreeslik huilerig. Crack goes my heart. Nie die ding wat jy wil hoor as jy ver van die huis af is en jouself alreeds doodverlang nie.
Gert was gister self besig met belangrike vergaderings, maar het als gekanselleer en opsy geskuif en toe vir Bieliebam dokter toe gevat. Dis weereens mangelontsteking, en die keer is die oortjies ook erg rooi. Dejavu met antibiotika, koorsmedisyne en baie liefie en troos. My arme arme babatjie! En my arme man!
Gert was (soos altyd) 'n ster van 'n pa wat maar als in sy stride vat, maar toe ek gisteraand met hom gesels was hy maar flou. Dis woes om solo te vlieg met 'n siek seuntjie as jy self ook koorsig voel. (Gert het 'n geneigdheid om by sy seuntjie aan te steek - ek hoop nie dis weer die geval nie!) Sterkte my Engel! Jy weet ek is vreeslik lief vir jou en waardeer jou ne!
Laat gisteraand kom die sms deur: "Boeta het nou sy tweede asem teruggekry. Ons le nou en speel in die bed. Tot 'n bietjie gelag en gekruip. Ek dink die medisyne begin nou werk!" Prys die Here! Ek was lanklaas so bly oor 'n sms in die middel van die nag.
9 maande, 1 week
Sunday, February 1, 2009
Foto-probleem gefix!
Kyk net die mooi koek!
Carl en Suzette met hul Callie-man
Daar was 'n swembadjie vol balle, maar dis net soveel pret om te probeer uitklim!

Hannes se verjaarsdagpartytjie in die natuurresevaat. Ons het die kamera tuis vergeet, en die selfoon moes toe maar diens doen. Kyk net die modderhande! Na 'n week se reen was die aarde heerlik klam, en 'n woelwater wat WIL kruip en nie vasgehou WIL wees nie, het te heerlik in die modder gespeel en homself van kop tot tone besmeer. Dankie tog vir Omo :-)
9 maande 1 week
Saturday, January 31, 2009
Soveel verjaarsdae en geen fotos :-(
Ek sukkel al 3 dae lank om te probeer fotos oplaai, maar lyk my my Blogger is vir eers gejinx. :-( Het iemand 'n idee hoe om dit te fix?
'n Paar onlangse verjaardae:
* Baie, baie geluk aan Gerhard en Marlize met die geboorte van klein Andre die 21ste! Op die fotos lyk hy pragtig, en ons hoop hy bring vir julle net baie vreugde! Geniet julle gesinnetjie van 4 :-)
* Die 22ste het Hendrik ook verjaar. 'n Volle 27 jaartjies jonk. Hendrik jy is 'n broer duisend, en ek is so trots op jou wat so mooi groot geword het. Nie elke sussie kan spog met 'n Boeta wat soveel liefde en compassion het met ander mense nie (en dan het jy nog sulke sexy kuite ook :-) Mag die jaar vir jou 'n goeie een wees, en mag jy net nader en nader aan Jesus groei. Ons is lief vir jou!
* Klein Carl Joshua het ook die 22ste sy eerste verjaarsdag gevier en Saterdag 'n regte Bob-the-Builder partytjie gehad met die mooiste koek. Franco het die partytjie so geniet - veral die sandput. Carl en Suzette baie geluk met Callie-man se verjaarsdag! Hy is 'n klein bulletjie met die mooiste groot oe en julle maak hom so mooi vir die Koninkryk groot. Dis 'n voorreg om so saam met julle ouers van 'n seuntjie te wees!
* Die 26ste was Frans/Hannes se beurt. (Gert se broer is Hannes vir die familie, en Frans vir die res van die wereld)Baie geluk met jou verjaarsdag Ouboet! Dankie dat ons soveel pret saam kan he, en so baie by jou kan leer. Jy spits jou daarop toe om elke jaar net meer en meer die man te word wat God beplan het jy moet wees, en dit wys! Jou passie waarmee jy God se plan vir jou lewe soek en dan daarvolgens lewe is so spesiaal. Hoop die nuwe jaar van net nog meer induik in God se liefde en genade.
* Sondag was ons op die plaas vir Hendrik se verjaarsdag en Franco het te heerlik met die honde gespeel. (Kyk op Ouma Miekie se blog vir fototjies)
* Vandag is dit Hannes se verjaarsdag-braai - ons hoop net die weer hou! Dit reen nou al 'n paar dae aaneen, en dis wonderlik. Ek is mal daaroor as die aarde so skoon en nuut gewas word.
Die fototjies sou die inskrywing ouliker gemaak het, maar nou is ons darem weer op datum met die belangrikste gebeure.
Here, die tyd vlieg so vinnig verby, en as ons ons oe knip is daar nog 'n verjaarsdag voor die deur. Ons kan skaars glo dat dit oor minder as 3 maande Franco se eerste verjaarsdag gaan wees! Dankie vir almal wat verjaar het, en vir die invloed wat hulle op ons lewens het. Gee vir ons die wysheid om die tyd uit te koop, en dat ons ons tyd sal spandeer op die dinge wat Ewigheidswaarde het. En dankie Here dat U ALTYD tyd het vir elkeen vir ons! Ons is lief vir U
9 maande
Tuesday, January 20, 2009
Skeerroom!
Monday, January 19, 2009
Nog fotos van die partytjie!
Sunday, January 18, 2009
Michael James se partytjie
Wat is in jou sakkie Franco? Kreatiwe Mariska was so fluks om vir elke maatjie sy eie persoonlike "rat pack" sakkie te maak.
'n Paar ander dinge:
Ons is in die huismark! Sal graag 'n plekkie bietjie nader aan die werkke wil kry, en ene met 'n groter tuin vir rondhardloop. Dis 'n groot besluit en 'n groot gebedsaak - bid seblief saam met ons! (En dis ook hoekom die blogging bietjie minder is - die eiendomwebsites kry nou voorkeur)
Raai wie se seuntjie is ek? Pa en seun hop op die immergewilde bal
Franco het Vrydag tand nommer 4 gesny! Seuna het nou 2 tandjies bo en 2 onder! :-)
Franco is nie 'n somermens nie, en kry baie swaar as dit kwik styg. Ons het laas die nat splash swembadjie op die plaas gelos, en die groot swembad by die huis is tans onder ph behandeling. Maar 'n Pappa maak 'n plan, en as dit nie anders kan nie, dan swem ons maar in die speelgoedhouer - sommer so twee keer op 'n dag. Franco deel nie sy Ma se geite nie, en gee glad nie om vir 'n gespattery nie. Hoe meer druppels vlieg, hoe groter die pret!
Mid-swem het Franco se boudjies geglip en sy kop vir 'n kwartsekond onder die water beland. Hier vertel hy sy Pappa hoe lekker dit was - bietjie geskrik, maar niks eers gehuil nie. Kyk net die tande!
Vol geselsies oor sy groot avontuur!
Ons tweede swem van die dag
Swem maak 'n man vaak en reg vir sy middagslapie
Kyk hoe mooi drink ek deesdae uit my sippy bekertjie!
Boetman sit deesdae in die hoe stoeltjie en eet! Maar dis gaan morsig, want Seuna se handjies word soos 'n magneet na die lepeltjie aangetrek. (Die borslap is met rede agterstevoor - die plastiekkant vee sommer met 'n lappie skoon, en mens sukkel dan nie met pampoenvlekke wat die mooi prentjies bederf nie)
Ons het soveel pret en elke dag is ons harte tot barstens toe vol van dankbaarheid oor ons kleine wonderwerkie wat sommer so in 'n oogknip grootword. Kan skaars glo die tyd glip so gou verby! Franco is al 8 maande en 3 weke oud
Tuesday, January 13, 2009
'n Alles in een oor Franco
Franco se eerste tandeborsel
Ek glimlag groot so tussen my Kerspersent, maar my tande sien julle nie! (Kyk net hoe lank word my hare - dit krul al skoon in my nek)
* Franco is mobile! (En was op 8 maande, 1 week) En het 'n sesde sintuig om reguit te mik vir die dinge waarmee hy nie mag speel nie. :-) Elke dag vind ons net nuwe dinge en hoekies wat weggepak/opgeskuif/toegesluit moet word. Die klein klitsie hou sy ouers (en sy Ouma Miekie) op hul tone!Ons het die 30ste Des vir Franco so oulike elektronies hondjie gekoop om hom te help kruip. Dis toe nou al weke wat Franco mik-mik om te kruip, maar nie lekker agter die kap van die byl kon kom nie. Die woef is aan die duur kant vir so na Kersfees persent, maar was hoogs aanbeveel deur van my vriendinne (as jy hom tap dan "loop" die hondjie so paar treetjies vorentoe op die maat van musiek. Dan stop die hondjie en blaf vir jou om nader te kruip sodat jy hom weer kan tap en dan "loop" ons weer vorentoe). Ons wou kyk of ons nie 'n einde kon maak aan Gogga se furstrasie met die gesukkel om te kruip nie, en het toe maar 'n persentjie ter viering van sy eerste tand gekoop. :-)
Die hondjie was onmiddellik 'n reuse sukses! Franco was BAIE ingenome met die nuwe speelding, en het die hele dag agter die woef aangesukkel in 'n mengsel van seil op sy magie en regtig-egtig kruip. Ons was baie in ons skik met ons oulike aankoop en het fotos vir die vale geneem, totdat Franco na so 2 dae agtergekom het dat as jy die hondjie tap en dan dadelik aan sy stert gryp, die musiek nog speel maar hondjie nerens kan gaan nie en jy dus nie die moeite te doen om agter hom aan te kruip nie. :-)
Franco se eerste kruip! 30 Des 2008
Franco is maar 'n lui kruipertjie as die motivering nie reg is nie, en veral as hy weet jy kyk vir hom. Draai egter jou rug (of wees geeky soos ek en Gert en loer hom skelmpies af), en hy kan blitsig klaarspeel met die hele lengte van die vertrek.Goeie motivering sluip in enige iets met drade (laptopkoorde, telefoonkoorde, Ouma se multiprop), enige iets waarmee hy nie mag speel nie (soos Pa se skroewedraaier wat per ongeluk geval het) en Martelize! Franco is versot op sy fraaie niggietjie, en sal hemel en aarde beweeg om by haar uit te kom.
* Sy eerste dada! Franco is al lank vol geselsies, maar ons sukkel maar nog om te verstaan. :-) Die laaste week of wat het hy egter begin dada en hallo se! Sy pa is nie bietjie trots nie, en terg my genadeloos omdat mamma nog glad nie sy verskyning gemaak het nie. Ek reken dis net goeie geluk aan sy kant - ons het dan eintlik pappa probeer leer! Maar dit lyk tog asof Franco Gert bedoel as hy dada se, want hy kyk elke keer direk vir hom. Die hallo is nog bietjie lukraak,maar hy geniet dit om dit vir al sy speelgoed te vertelle. (Ek weet, ek weet - nou kan ons nie wag dat hy begin praat nie, en oor 'n jaar of twee wens ons hy wil net bietjie stilbly!)
* Staan is meer pret as sit! Franco het die vakansie agtergekom hoe lekker dit is om te staan en probeer hom nou optrek teen amper enige iets. Aanvanklik was dit baie snaaks om te sien hoe hy sy boudjies oppluk as hy nie wil sit nie, maar dit het vinnig 'n toets geraak vir ons geduld en behendigheid met soveel dinge wat op 'n stoeigeveg uitloop. :-)
Kyk waar staan ek!
Die staan oomblikke van ons dag:> Stoei om stewige beentjies wat vasskop in die karstoeltjie vas te maak, want hul eienaar wil staan en vir die karre kyk, en niks weet van sit waar hy nie kan uitkyk nie.
> Wees paraat tydens speeltyd, en keer as hy wil optrek teen goed wat nie sy gewig sal dra nie (soos die buigbare boee (arches) van die speelmat, die speelgoedbalie ens). Wees ook naby genoeg om te kan vang as hy baie trots op homself by die bank of koffietafel staan - Franco het nog nie geleer van gaan sit as jy moeg is nie, en gaan reguit van staan na le en sy kop kap teen die grond. :-(
> Probeer Seuna leer van staan, en dan kaplakse boude gaan sit as jy moeg is. Gee na 'n rukkie op as jy agterkom hoe sterk so klein seuntjie eintlik is as hy nie-nou-wil-gaan-sit-nie.
> Pak sy badgoedjies uit, en stoei om die staande,dansende Wikkelwurm se klere uit te trek en sy doek mid-air af te haal.
> Kry honderd gryshare as Franco die handvatsels in die bad ontdek, en homself uit sy badstoeltjie uit lig. Keer vir 'n vale, kry jouself sopnat en pak blitsig daai skeermes op die bad se rand weg.
> Droog 'n kosbare bababondeltjie af, en begin van voor af stoei met die aantreksessie. Dis nou as jy gelukkig genoeg is om 'n doek aan 'n wikkelwurm wat probeer wegkruip aan te kry sonder om als vol boudjiesalf te smeer.
> Lag maar, stoei verder en se 'n duisend dankies vir ons Pappa vir ons groot geskenk.
* Ek het die jaar maar so vroeg as moontlik begin werk, sodat ek genoeg verlof kan he wanneer Seuna siek word (hopelik nooit, en dan kan ek Des 'n lekker lang vakansie saam met hom he!). Franco was weer in Ouma Miekie se speelskool, en het dit omtrent geniet! Dankie Ouma vir al die oppas en liefde! Ek het die swem, liedjies en jolly jumper jolly baie geniet! En dankie dat Ouma my opgepas het toe my ma-hulle gaan uiteet het vir hul herdenking - hulle het hulle eerste alleen-date gehad vandat ek gebore is en dit baie geniet!
Ai ons liefie-liefie kind! Jy is 'n handvol, maar die harde werk is pret! Ons geniet jou so-so baie en raak net al hoe liewer vir jou soos wat die dae deur ons vingers glip. Dankie dat jy maak dat ons ons grense verbreed, dat jy ons leer van geduld en nederigheid en bederf ons met jou sopnat babasoene en lomp drukkies. Jy is 'n super spesiale seuntjie Franco!
8 - 81/2 maande


