Monday, October 20, 2008
En Franco se naweek by Ouma en Oupa?
Kyk bietjie hier wat het Ouma Miekie als geskryf oor sy naweek.
Sunday, October 19, 2008
Groot Vyf!
Al nadeel? Franco was nie genooi nie, en moes die naweek by Ouma Miekie en Oupa Jan kuier. Ek weet hy kon nie vra vir meer toegewyde en liefdevolle oppassers nie, maar ek het my doodverlang, en kon Sondag nie vinnig genoeg by die plaas uitkom nie.
Aan die positiewe kant, het ek en Gert heerlik saamgekuier en pret gehad. (En ons eerste deurnag slaap in 6 maande se tyd was hemel op aarde!)
Luiperd se kind uit op jag! Slegs 'n entjie verder was 'n troppie ribbokke wat sy bekruip het. Die hoogtepunt van die naweek! (Sy wou nie haar move maak met ons in die omgewing nie, maar dit was vreeslik opwindend die ruk wat ons doodstil vir haar gewag het om op te spring)
Dankie Here vir so 'n spesiale bederf naweek! Dankie vir 'n Ouma en 'n Oupa wat lekker naby ons bly, en nog kans sien om 'n kleinseun 'n hele naweek lank te bederf met hul liefde. En Here Wow! U skepping is wondermooi!
Sunday, October 12, 2008
Die inval van die geel...
Franco reken hy het die jackpot gewen om langs so 'n mooi dametjie te kan posseer. Martelize oefen solank haar royal wave.
O wee! Dit gaan seker ook nog baie gebeur! Martelize besluit twee foppies is beter as een...
Franco weer wil ook sulke mooi haartjies he!
Ons kan darem maatjies ook wees!
Dankie Here dat ons almal al soveel beter is dat ons weer kon gaan kuier. Dankie vir familie wat almal ook lief is vir ons Seuna! En dankie dat Franco 'n grootword niggietjie kan he. Ek bid dat hulle nog sommer groot maats sal word, wat vir mekaar tot seen sal wees. Jesus, U is so goed vir ons! Ek loof U naam!
Franco 5 1/2 maande, Martelize 10 1/2 weke
Friday, October 10, 2008
'n Middag in die tuin
Mens kan dit selfs met jou voete vashou!
Mamma was ook daar
Is egter nie so seker van hierdie gras ding nie
5 1/2 maande
Sunday, October 5, 2008
Twee handjies en twee voetjies om die Heer te dien
In die huis deel ons allles! :-)
Franco se maagkiem het Sondag die wyk geneem, en hy was Sondag-aand so vrolik ons dag ons is home safely! Sondag-nag het die toe-neus van alle toe-neuse vir Boeta getref, en Maandag-oggend toe word ek die ene koue koors wakker.
Ek het probeer dapper speel en werk toe gegaan (ons is vreeslik besig by die werk, en baie van die projekte staan al maande en wag vir my terugkeer van kraamverlof af, die eksterne konsultante kan nie aangaan sonder my insette nie ens ens). Elke geval, het Maandag so 2 uurtjies gehou en toe maar huis te gekom. Dinsdag-oggend het ek net 'n vergadering gaan bywoon en toe maar weer in die bed kom klim...
Gelukkig is dit nou skoolvakansie, en was Ouma Miekie 'n groot hulp! Sy het Maandag, Dinsdag EN Woensdag haar vakansie opgeoffer om na die prinsie te kyk sodat ek net kon slaap. Ook het sy vir my en Boeta Dinsdag dokter toe gevat (Franco se nuus was goed, maar ek was sommer die heelweek afgeboek en moes antibiotika kry). Dankie Ouma!
Franco is Donderdag terug skooltjie toe - net sodat hy van voor af kon begin opgooi. :-( Dus was ons Vrydag en Saterdag toe maar fisio toe om bietjie die slyme uit te stoom en uit te klop. Dit lyk darem of dit help - dis weereens Sondag-middag en dit lyk of dit beter gaan!
Ek hoes en proes nog soos 'n tweedehandse trekker, maar sal darem more kan gaan werk. Net jammer Gert het gister-oggend die ene koue koors wakker geword...
(As mens die koste van die dokter, fisio en medisyne ignoreer, kan so siekte nogals ekonomies raak. Dis nou al die tweede naweek in 'n ry wat ons uit die winkels wegbly en niks spandeer nie!)


