baby
Lilypie First Birthday tickers

Tuesday, April 7, 2009

Ter nagedagtenis: Tannie Sandy

Tannie Sandy (soos ons haar geken het) is laasweek baie onverwags oorlede. Die dokter vermoed dit was 'n bloedklont deur haar hart. Sy was Pa Lappies se jongste suster, en ook hul buurvrou en vriendin. Haar dood was 'n groot skok - mens verwag nie dat iemand wat as gesonde mens gaan werk 'n paar uur later sal sterf nie. Ek weet daar is vele wat haar sal mis, en my hart gaan veral uit na Pa Lappies, Ma Elna, tannie Rina Kok en Conrad, haar enigste seun. Ek bid dat Jesus julle superstyf sal vashou, en salfies oor die seer sal smeer.


Gelukkig weet ons dat tannie Sandy 'n Koningskind is, en dat sy nou veilig by ons Pa is. Al is die gemis groot, bring dit tog vertroosting dat niks sonder Sy hand gebeur nie, en dat sy geensins gely het nie.


"Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie." Psalm 116:15

Franco in sy Cheeky Jeans - een van vele geskenke van tannie Sandy

3 comments:

Charmaine said...

Ai, ek dink aan julle. So jammer oor die groot verlies. Tog 'n groot troos as mens weet dat sy huis toe is waar ons Pa vir haar wag.

Jan and Miekie said...

Ons bid dat al die seer sal genees en dat daar baie liefde sal wees en mooi herhinneringe. Dankie vir die inskrywing.

Dorette said...

Dankie Charmaine en Ma! Sulke tye is maar hartseer tye, maar Jesus maak dit draaglik