baby
Lilypie First Birthday tickers
Showing posts with label Iets oor my. Show all posts
Showing posts with label Iets oor my. Show all posts

Saturday, March 28, 2009

Raai wie het gisteraand lekker geslaap?

Ekke! :-) Soveel so dat ek nie eers eintlik weet of Franco ook lekker geslaap het nie - as hy nie het nie, dan was dit omdat Gert 'n engel was en opgestaan het; ek was so moeg dat ek niks eers agtergekom het nie.Ons het Donderdag en Vrydag 'n groot afdeling Bosberaad tipe werkswinkel gehad. Ek was grotendeels die koordineerder en moes ook 'n klompie van die lesings aanbied. Dit was 'n eerste vir my, en ek was baie dankbaar vir ons IT-dametjie (al die training rekenaars moet die toepaslike programme gelaai kry, geskuif word, kragpunte uitsorteer, netwerkkabels optoor ens ens) en raakvat sekretaresses wat weet van kos en verblyf reel - so 'n storie het meer werk agter die skerms as wat mens besef!

Die twee dae was produktief gewees, en dit was lekker om almal weer te sien en verhoudings te bou - maar glo vir my, ek was gistermiddag na almal weg was lekker flou gewees!
In ander slegte nuus - Hendrik (my broer) se kar is Donderdag-aand voor die kerk gesteel! Ek was sommer baie onsteld toe ek die nuus verneem - Domminique was vir 8 jaar lank my wiele gewees en ek het gehoop Hendrik sou dieselfde vreugde uit die Blou Tazz kry. Toe ek en Gert net getroud was, was Domminique ons "grand" kar waarmee ons op wittebrood gegaan het. Ek onthou nog die vreugde toe Pa Jan die laaste bietjie wat ek op die kar geskuld het, afgeskryf het as troupersent - dit was bloedsweet om midde-in klerkskap soveel terug te betaal het as wat ek het. Weereens dankie Pa!
Domminique beteken "die Here s'n" so dalk kry die dief meer as waarvoor hy gebargain het! Wie weet wat is ons Pa se planne as dit by sulke goed kom :-) Maar dit bly maar 'n woeste slegte situasie, en ek kry vir Hendrik jammer wat nou sonder wiele sit...

Sunday, November 30, 2008

Blogtoekenning



Charmaine het vir my 'n blogtoekenning gegee! Sjoe - ek het eintlik maar net die blog begin om rekord te hou van Franco se dingetjies, en nooit gedink dat iemand (buiten familie) sou belangstel om te lees nie. Nou het ek al 'n hele klompie van julle "ontmoet" en dis vet pret. Dis so lekker om kort-kort te lees van wie wat gedoen het - internet maak werklik die wereld 'n kleiner en interessanter plek. (Selfs Gert deel al in die pret - om die dood sal hy nie sy eie blog begin nie, maar kort-kort word hier fotos geneem "vir die blog". hie-hie)
Blykbaar werk die blog-toekenning ding soos volg:

* Kies 5 bloggers vir die toekenning wat jy voel is goeie blogbuddies en wie se blog waarde toevoeg tot die blokgemeenskap, ongeag die taalvoorkeur (dis nou Engels of Afrikaans). Noem hulle name en link na elke blog.

* Elke blogger moet (by aanvaarding van die toekenning), die toekenning op hulle blog wys met 'n link na die naam en blog wat die toekening gemaak het en 'n link na die oorsprong van die toekenning Doing Life.

* Wys ook die reels van die toekenning

5 Bloggers - die moeilik want ek lees nie so vreeslik baie blogs nie, maar hier gaan ons

Franco se Ouma Miekie omdat sy so 'n ster van 'n Ouma is, en natuurlik omdat daar gereeld fotos van die mooiste seuntjie in die wereld op haar blog verskyn. :-)

My sus Thelwyn omdat sy so hard probeer al werk haar rekenaar nie aldag saam nie. En omdat daar sulke pragtige fotos en stories van Franco se favourite niggietjie verskyn! Ek hoop regtig dat jou laptop dramas nou iets van die verlede is.

Charmaine vir haar gereelde kuiers op my blog. Ek geniet haar diepte, haar wysheid en hoe raak sy kan skryf oor haar verhouding met ons Pa.

Sandvlooi omdat sy my eerste blog-maatjie was. En omdat sy ook 'n seuna het wat haar hart se punt is :-)

Kan ek kroek? (Ek lees toe meer blogs as wat ek gedink het!) Sandra het 'n gawe om stories te vertel sodat dit voel asof jyself daar was.

Dit is vir my so ongelooflik dat ons almal op verskillende plekke woon en in verskillende fases van ons lewens is, en tog is daar raakpunte. Ek dink dis omdat dieselfde Gees in ons almal woon dat die verskille so onbenullig lyk.

"Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil. Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus." 1 Kor 12:11,12

Saturday, November 22, 2008

Jaareindfunksie!

Dit was Vrydag-aand my werk se jaar-eindfunksie. Die jaar was die tradisionele dinner&dance se dress code: Come as a superstar! Enige raaiskote oor wie ons was? :-)

Ps - Franco was baie skepties oor sy ma se reguit hare. Hy het my 'n hele rukkie stip aangestaar voor hy besluit het dis tog ek, en my toe beloon met die mooiste glimlaggies.

Ps 2- Ouma Elna en Oupa Frans was toevallig in ons geweste vir 'n begrafnis. Hoewel ons jammer is oor die begrafnis, was ons baie dankbaar om sulke goeie baba-oppassers sommer in Franco se eie huis te he! Dankie julle! Ons waardeer dit baie

Tuesday, November 18, 2008

Huiswerk gedoen!

Charmaine het my getag om die meme te voltooi

Sunday Stealing's McDanger Meme

What are your nicknames:
Soms Kleintjie en soms Kabouter – meestal net Dorette

What TV gameshow or reality show would you like to be on:
Amazing Race vir die geleentheid om al daai ongelooflike plekke te sien. Maar ek sal dit heelwat rustiger wil doen, en die ervaring indrink en nie so gejaag nie. Defnitief nie Survivor (ek HAAT rugstekery) of Fear Factor (obvious reasons) nie.

What was the first movie you bought in VHS or DVD:
My trouvideo - slegs omdat dit ‘n troupersent was. Ek was vir meer as 10 jaar lank TV-loos (van ek koshuis toe was in std 8 tot laasjaar toe ek ‘n TV by ‘n sake-ontbyt gewen het) Te veel TV irriteer my nog steeds – ek sal eerder boek lees, as doelloos vir die een-oog monster sit en staar.

What is your favourite scent:
Parfuum: 5th Avenue (My troudag persent van Gert!)
Kos: Warm varsgebakte brood
Die heel beste reuke ooit? Gert se drukkies, en Franco se Elizabeth Anne’s babalyfie

If you had one million dollars to spend only on yourself, what would you spend it on?
Ek sal my werksure minder maak sodat ek meer tyd met my Seuna kan deurbring. Ek sal meer wil reis, en avonture beleef saam met my dierbares. En verder sal ek graag die geld gebruik om ander te bless –there is much joy in helping others!

What is one place you've visited, can't forget and want to go back to:
Praag oor dit so mooi is. En Parys – toe ons daar was, was ek vrot van die griep, die weer was mislik en die staking in die openbare vervoerbedryf het massive verkeersknope veroorsaak. Ek sal graag wil teruggaan en die mooi, romantiese Parys waarvan almal praat beleef.

Do you trust easily?
Ja, en ek het ook al my vingers rooi gebrand. (Ongelukkig ditto Charmaine)

Do you generally think before your act, or act before you think?
Hang af van die situasie. Gewoontlik deurdink ek dinge goed, maar as ek lief is vir die betrokke persone dan praat my hart soms voor my kop kan dink!

Is there anything that had made you unhappy these days?
Franco wat siekerig was. Die misdaad vlaag in my ouers se omgewing en bekommernis oor hul veiligheid.

What is your favourite fruit?
Granny Smith Appels – hoe suurder hoe beter :-)

What websites do you visit daily?
Blogs en Beeld

What have you been seriously addicted to lately?
Ek kuier laaank oor ‘n telefoon – tel dit?

What's the last song that got stuck in you head?
Dit borrel in my, want ek is so bly (Van Franco se Loflaaitjies DVD)

What is your favourite thing to wear?
‘n Rooi en wit toppie – ek voel mooi daarin

Do you think Rice Krispies are yummy?
Nee wat – ek is te gou weer honger daarna! Eerder muesli

What would you do if you saw $100 lying on the ground?
‘n Bank soek om die noot om te ruil! Hie-hie
Waarskynliker? Dit optel as niemand anders lyk of hulle dit soek nie. Dit dan in my beursie bere vir weke voor dit sal oorskuif na ons “Oorsese Geld” beursie en droom van eendag weer “oorsee” gaan…

What items couldn't you for without during the day?
My middagete :-) My bloedsuiker is laag, en daarom moet ek gereeld knibbel anders voel dit ek gaan omkap.

What should you be doing right now?
Ek wag vir ‘n verslag wat hardloop – so ek werk tegnies nogsteeds! (Maar ek kon seker bietjie liaseerwerk ingehaal het)

Ek tag vir Ma Miekie as sy tyd het en almal wat nog wil speel!