baby
Lilypie First Birthday tickers

Sunday, August 31, 2008

More is D-dag

More is my kraamverlof amptelik verby :-( Ek kan skaars glo dis 4 1/2 maande wat ek weg was van die werk - dit voel soos 'n oomblik!

Ai Boeta! Waar kan Mamma begin om dankie te se vir die laaste paar maande? Ek geniet jou so-so baie, en staan verstom oor hoeveel jy al gegroei en ontwikkel het. Die dag toe ek jou (uiteindelik!) in lewende lywe ontmoet het, was jy 'n brose, kleine pasgebore seuntjie; nou is jy al 'n yslike bondel baba-energie vol persoontlikheid! In die begin het jy net gevoed en geslaap, nou is jy AL hoe meer wakker en spelerig. Ek en Pappa dink gereeld jy kan nie nog ouliker word as wat jy reeds is nie, en net die volgende dag verras jy ons met ietsie nuuts wat maak dat jy net nog dieper in ons harte inkruip.

Soms dink ek, ek sien 'n glimps van Pappa of myself in jou, ander kere verras jy my met ietsie heel onverwags - 'n handgebaartjie, uitdrukking of laggie wat net aan jou behoord! Hierdie unieke Franco dinge (soos dat jy amper nooit stilsit nie en heeltyd wil perdjie ry, of hoe jy sug van lekkerkry as ons jou in die bad tel of die kyk in jou ogies as jy hard konsentreer of vreeslik opgewonde is) maak jou super-spesiaal! Dis die Skepper se vingerafdruk op jou - bewyse van hoe kunstig en kreatief Hy jou aanmekaar geweef het toe jy nog in Mamma se magie was.

Dalk is dit gepas dat dit more lente-dag is. Die eerste dag van 'n nuwe seisoen in ons albei se lewens - Mamma as 'n werkende mamma, en jy as 'n oulike lid van die Vissieklas. My hart is maar hartseer, want ek weet nuwe seisoene kom nie sonder groeipyne nie en elke nuwe ding bring noodwendig 'n afskeid van sekere ou dinge saam. Maar as ons nie los dit wat agter is nie, dan mis ons uit op die blessings van die nuwe seisoen. Mamma gaan baie verlang, maar hoop jy speel so lekker met die maatjies dat die daggie sommer vinnig verbyvlieg! Ek is lief vir jou my kind...

Friday, August 29, 2008

En nou is ons vier...

darem net vir die aand! Thelwyn en Frans moes na 'n troue toe gaan, en dis vir ons heerlik om fyne Martelize by ons te he vir die aand. (Sy is so skattig! En so fyntjies! En so lig!)
Dis heel raar om 'n seun en 'n dogter in die huis te he - ek & Gert het 'n idee gekry oor hoe dit sou wees om 'n tweeling te gehad het. Het darem goed gegaan - na 'n rondte melkies, winde uitvryf en doeke omruil het ek en manlief lekker gele en DVD kyk elkeen met 'n bababondeltjie op die skoot. (Kort net nog 'n paar hande - wie moet Hot Choclate maak as altwee babas so lekker doe-does?)
Dit was bietjie dol toe altwee babas gelyk wakker was, maar hier is darem 'n ou fototjie van die slapende skoonheid...

Eerste skooldag!

Met die dat ek Maandag weer moet terug werk toe, het Franco gister en vandag vir so paar uurtjies by die skooltjie gaan kuier.
Voor die tyd: so koel soos 'n komkommer in een van sy Ouma Elna truitjies
(Sy borslap se - Thank heaven for little boys - ons hart se punt van die hemel af gebid!)

Dit was baie swaar om hom daar te los! En nee - ek het nie gehuil nie, maar dit was maar hard sluk aan die knop in my keel. (Franco het sommer dadelik begin koer vir die juffrouens, en min gespin gewees met Ma wat skoon tranerig is) Die skooltjie se personeel het voorgestel ek moet erens 'n koffietjie of so inwerk, en 'n bederf-dingetjie vir myself koop. Kon my egter nie keer nie, en het die heel oggend in die winkels se baba-afdelings gebrowse, en op die ou end speelgoed en klere vir Boeta gekoop...

Na die tyd: Wat is nou so erg aan skool Ma? Ek is so gelukkig as wat kan kom!

Franco was erg besig om homself te verwonder aan die ander babas (3) toe ek daar aankom, en het nie eers besonders bly gelyk om my te sien nie. Nie goed vir my ego en verlangende hart nie, maar hopelik is dit eerder 'n teken dat hy die aanpassing gaan maklik vind.

Boeta was vol geselsies oor sy eerste skooldag!

Ag Here! Maandag is 'n groot dag vir ons gesinnetjie, en ek is maar benoud oor hoe dinge gaan uitwerk. Maar U ken my hart, en U ken my en Gert se drome. Dankie dat ons altyd ons harte by U voete kan kom uitstort, en weet dat U luister. Maak seblief die pad voor ons gelyk, en dat die aanpassing vir ons al 3 glad sal verloop. Dankie dat U ons gehelp het om plek te kry in 'n oulike skooltjie, met personeel wat ons venote wil wees om 'n gelukkige, self-standige seuntjie groot te maak. Maar bowenal Here, is ons grootste gebed dat ons 'n seuntjie sal grootmaak wat U ken en vir U Koninkryk lewe.

18 1/2 weke

Wednesday, August 27, 2008

4 Maande en raai wat!

Nie die beste foto nie - maar kyk hoe sit ons!

'n Paar weke gelede het Ouma Miekie agtergekom hoe sterk Franco eintlik sit as jy hom vashou. Sy stel toe voor ons gaan haal die halfmaan-kussing en kyk wat maak hy. Franco het heel oulik vir 'n paar sekondes in die kussing gesit, en toe omgedons. My mond het oopgehang - my kleine babatjie is vinnig oppad om 'n grote seunskind te word! En 31/2 maande was darem vrek vroeg om al te sit (al is dit net ampertjies, en nog nie sit-SIT nie!)


Natuurlik toe ek vir sy Pa wou wys hoe oulik dit is, wou Woeliekous Franco glad niks weet van stilsit nie. Veel eerder rondwikkel en skop-skop. Ek dag dis die einde van die ampertjie sittery vir eers...


Gister en vandag wou Franco egter meer geredelik stil sit - en kyk nou net! Hy is nog maar baie onvas, en die half-platgevoude pannekoek posisie is nou nie juis elegant nie - maar ons kom daar! Die bietjies-bietjies wat hy op sy eie sit raak al hoe langer (dis nou solank Ma 'n vreeslike song & dance doen om sy aandag af te trek; die oomblik wat hy agterkom jy het sy lyfie gelos dop hy om!) :-)
Dalk werk dit beter met die kussing

Nee wat Mamma! Genoeg is genoeg vir een dag! Kyk eerder vir my somerklere in die Augustus hittegolf :-)

4 maande, 1 week oftewel 18 weke

Franco en sy Oumagrootjie Sara





Met die dat Ma weer moet terug werk toe, en Franco van Maandag af skooltjie toe gaan was vandag die laaste keer in 'n rukkie wat Franco sy self-aangestelde Oumagrootjie Sara sou sien.

Ouma Sara (soos sy verkies ek haar noem) is 'n engel in my lewe wat elke Woensdag haar towerstaf kom swaai en stof en strykwerk laat verdwyn! Ek sou verlore wees sonder my Ouma Sara. Sy is 'n baie groot juweel van onskatbare waarde in ons huisgesin.

Oumagrootjie Sara het met 'n swaar hart afskeid geneem van die klein prinsie in die huis, en is met 'n vol gemoed en 'n paar pas-geprinte fotos huis toe.(Die fotos is vir die spog-slag by die huis) Boeta is werklik geseend met 'n Oumagrootjie wat hom net so lief het as wat 'n bloed-eie Oumagrootjie so kon he!

Dankie Here dat Franco die voorreg het om in 'n multikulturele land groot te word, en te kan leer van hulle. Help ons om altyd die blessing daarvan raak te sien - veral wanneer sommige furstrasies die reenboog bietjie laat verdof! En Here, seen seblief vir Ouma Sara en haar gesin.

Tuesday, August 26, 2008

Eerste keer saam op die plaas!


Thelwyn met Martelize, Dorette met Franco
Vrydag-aand was Oupa Jan en Ouma Miekie se twee kleinkinders die eerste keer saam op die plaas. En was Oupa en Ouma nie trots nie! (Al het die nuwe geslag ons op 'n stadium enterain deur saam-saam 'n deut vir ons te "sing") Familie-etes is nou 'n heel ander gedoente...
Franco - 1 dag voor 4 maande, Martelize 3 1/2 weke

Funny bunny Franco!

Tannie Thelwyn en kleine Martelize het Vrydag-oggend vir ons kom kuier (yeah vir die een ou maandjie wat ons kraamverlof oorvleuel!)

Ek en sy (en die kiddos) het ietsie gaan nuttig by 'n kwekery se teetuin. Die oomblik was vir my bittersoet, want die enigste ander keer wat ek al daar was, was saam met Gert so +- 'n jaar gelede. Daai Saterdag-more was ons amper die enigste kinderlose paartjie daar (die teetuin kyk uit oor 'n speelparkie, en dus is daar heelwat ouers wat ietsie nuttig terwyl hulle kyk hoe die kleingoed speel). Daardie dag het ons ons voorgeneem dat ons eers weer sou gaan as ons ons eie kleinding het, en nou is ons al daar!

Energeval, na die teedrinkery was beide Franco & Martelize uitgeknikker en kon ons nie vir hulle die klein perdjies, eende ens. gaan wys nie. Ook maar goed so, want ons moes huis toe wikkel voor voedingstyd!

By die huis het ons altwee gevoed, en ek is op boontoe om die prins se doek te ruil. Toe ons afkom, was Martelize besig om al hikkende die windjies uit te stoei. Daar moes iets besonders aan die fyne newbron ie-ie hikkies gewees het, want toe ek en Boeta langs hulle plaasneem, het Franco een kyk na sy niggietjie gegee en uitgebars van die lag! Dit was die heel eerste keer dat ek hom hoor lag het, en die uit-die-maag uit laggies was super-spesiaal!

(Hoop maar Martelize is te klein om te onthou van haar ongeskikte nefie wat die heel eerste keer wat hy haar behoorlik raakgesien het, in haar gesig vir haar gelag het!)

Dankie Here dat U ons bless met laggies wat die dag sommer ophelder! Dankie dat U ons geskape het met 'n humorsin, en dat ek en my seuntjie dit sommer vroeg-vroeg al kan deel. En Here, as dit vir U so lekker is om my te hoor lag as wat dit vir my is om Franco te hoor, sal ek regtig probeer om meer gereeld uit my maag uit te lag. :-)

(1 dag voor 4 maande)

Friday, August 22, 2008

Borslap Kaskanades

Soos julle seker gesien het op die laaste paar fotos, word Seuna se adorable kleertjies deesdae verberg agter 'n minder adorable borslap. Die stap is genoodsaak na die spoegfabriek op so 12 weke op volle sterkte begin hardloop het. (En aangesien ons deur so 3/4 borslappe per dag hardloop, pas sy borslap ook nie eers altyd by die uitrusting van die dag nie - daar is ook nou net soveel droee, skoon borslappies in die laai!)


Enewel, behalwe om die kleertjies bietjie langer droog te hou, demostreer Franco ook vir ons 'n ander handige eienskap van 'n borslap - 'n heerlike byderhand speelding om te ruk en pluk!


Ek ruk en pluk en kou - o die vreugde!




As ek nou regtig by beste insit, kan ons dalk die borslap dood he voor slaaptyd!




Tuesday, August 19, 2008

My nuwe speelding!

Franco raak nou AL meer geintreseerd in speelgoedjies. Hy verskaf ure van "cheap entertainment" vir my en Gert - dis te kostelik om hom op sy speelmat (of baby gym) te sien soos wat hy na die speelgoed skop en slaan. Dis al 'n rukkie wat hy 'n rateltjie vashou, maar die laaste week of wat het die tye wat hy sy rateltjie vashou AL langer begin word. Ons het egter die idee gekry dat hy nog langer sou speel met die rateltjie, as die ding nie so swaar was nie.
Na ons eendag vir hom 'n strooitjie in 'n restuarant gegee het om vas te hou en dit 'n groot treffer was, het ek al meer begin wonder oor wat ons vir hom kon gee wat tegelyk lig en veilig was (Strooitjies, pypskoonmakers ens. het als skerp punte en ek was bang hy maak homself daarmee seer).
Vrydag-middag het ek tydens 'n opruim sessie op 'n ou tandeborsel afgekom. Eureka! 'n Liggewig item met 'n dun steeltjie en geen skerp punte nie!
Vrydag-aand het ons op die plaas vir Ouma Miekie en Oupa Jan gaan kuier - nuwe speelding natuurlik ingepak. Ouma Miekie het toe voorstelle gehad om die tandeborsel bietjie interessanter te maak, en ons het toe vir die tandeborsel 'n strik gesny uit 'n geel plastieksak. Franco was in sewende hemel!

Kyk my nuwe speelding!

Nee! Jy kan nie ook met my tandeborsel speel nie - kry jou eie!

In vandag se tye moet jy selfs in jou slaap jou kosbaarhede bewaak


NS - ons het Saterdag 'n winkeltjie opgespoor wat wel liggewig rateltjies verkoop, en 2 tot Franco se versameling gevoeg, maar die tandeborsel met die strik bly 'n gunsteling!


16 1/2 weke

Kuier by Martelize en tannie Thelwyn

Het Donderdag vir die dag by tannie Thelwyn en kleine Martelize gaan kuier. Oom Frans het die volgende dag verjaar, en ek sou gaan help met eetgoedjies maak vir sy werk. Franco was egter so 'n woeliekous en wou so min slaap, dat ek op die ou end maar min gehelp het. Die kuier so tussen kosmaak, voedings en doeke omruil was darem baie lekker! Dis net jammer ek en Thelwyn moet terug werk toe - ons is dit albei eens dat die lewe 'n fees sou wees as ons altwee tuisbly mammas kon wees!

Franco 16 weke, 1 dag Martelize 15 dae

Wie is die reus langs my? Kom ons steek vir hom tong uit :-)


Ek kry nou hierdie ratel ding AL beter reg - dis net nog bietjie swaar om te lank vas te hou

Raai wie kan al omrol!

Laas Maandag (15 1/2 weke) het ek die klein prins op sy magie neergesit as deel van sy daaglikse "tummy time". Met meneertjie heel gelukkig op sy maag draai ek toe om om gou vir my 'n koppie (rooibos!) tee te maak. Terwyl ek tee maak dag ek dis snaaks dat hy nog nie begin kla het nie (gewoontlik kla hy gou), net om om te draai en te vind Franco le rustig op sy rug na die dakwaaier en staar! Die houding was so ewe nonchalant, en hy kon glad nie verstaan hoekom Ma skoon trane in haar oe het nie. :-)
Sederdien rol ons so 1-2 keer per dag om - maar Boeta is baie sneaky - dis gewoontlik sodra ek vinnig weg kyk, en defnitief nie wanneer daar 'n kamera in sig is nie!

Ha! Ek sien die kamera, en NEE ek sal glimlag en oulik wees, maar NIE nou rol nie!

Friday, August 15, 2008

Familiefotos van Franco se toewyding


Gert se kant van die familie.
(Let net op na ons Woeliekous se kousies. Sy mooie satynskoentjies wat spesiaal vir die geleentheid gekoop was, was nie bestand teen mnr Wikkelwurm nie. Na die soeveelste aantrek van die skoene, het ek opgegee en maar meer praktiese kousies aangetrek - wat op die ou end ook nie bestand was teen al die gewoel nie)
Oom Hannes, Gert, Dorette met Woeliekous Franco, Ouma Elna, Oupa Frans


My kant van die familie. Eers was ons net 5 - nou is ons al 9!

Oupa Jan, tannie Thelwyn met Martelize, Oom Frans, Dorette & Franco, Gert, Ouma Miekie en Oom Hendrik
(Martelize - 12 dae, Franco 3 maande 1 week 4 dae)




Franco ontmoet Martelize vir die eerste keer!


Laasweek Donderdag het Franco sy fraaie niggietjie ontmoet! Die groot ontmoeting het bietjie anders gegaan as wat ek en Thelwyn gehoop het, met Franco wat eerder met sy spoeg speel, en fraaie Martelize wat eerder wil slaap. Sal maar in die toekoms weer probeer om bietjie beter fototjies te kry!
Ons hoop in elk geval dat die tweetjies in die toekoms sommer nog groot maats gaan word! Hulle is mekaar se enigste niggies/nefies op die stadium!
Franco - 3 maande, 2 weke & 1 dag; Martelize - 'n brose 8 daggies oud!

Franco se toewyding


Franco - Free Man (Van Oupa Frans en Oupa Jan se Nicolaas)
"..Dit verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde. 'n Slaaf bly nie vir altyd by 'n huisgesin nie; 'n seun bly vir altyd. Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees.." Joh 8:34-36

Jean - Shining/ God is gracious (Dis die Franse se Johannes. Jean het dieselfde betekenis as Johan (Oupa Frans se tweede naam) en Jan. Die stamvader van ons van wat as Hugenoot hier aangekom het, het sy seun ook Jean gedoop)
"You are the light of the world. A City that is set on a hill cannot be hidden" Matt 5:14

Franco se toewyding was so super spesiaal! Dit was in twee sarsies - die Woensdag-aand het die naby familie by die kerk saamgekom, met Franco wat te spoggerig was in die sy pakkie wat Ouma Miekie spesiaal vir die geleentheid gemaak het. (Wikkelwurm Franco was net so 'n woeliekous dit was moeilik om 'n fototjie te kry van die hele outfit!)

Daar was drie ander babas en hul families, met Franco wat die jongste was. Ons het die geleentheid gehad om as ouers, en as die groter familie almal saam vir hom te bid en die Here te vra om vir Franco te seen - net soos die mense in toeka se tyd ook vir Jesus gevra het om die kindertjies te seen. Ook het ek en Gert in die openbaar plegtig belowe om hierdie kosbare geskenk wat aan ons toevertrou is, na die beste van ons vermoe groot te maak soos wat Hy wil he ons moet.

Sondag-oggend het hy weer sy spesiale pakkie aangtrek, en is voorgestel aan die gemeente! Met nog 'n korporatiewe gebed vir hierdie seuntjie se lewe!

Daarna was dit tyd vir 'n teepartytjie by ons huis met die lekkerste koek en tee denkbaar. Franco is darem 'n baie gelukkige seuntjie met besonderse Oumas wat kan bederf met sulke lekker eetgoed. Dink dit was die grootste partytjie was ons woninkie nog gehad het, en het omtrent 'n kreatiewe rondskuif van meubels nodig gehad om almal te kon akkomodeer. Gelukkig was Ouma Miekie naby genoeg en gaaf genoeg dat ons haar pragtige teestelle kon leen. (Royal Albert nogals!)

Net om julle lus te maak - die spyskaart!
'n Groot House of Coffees Caramel Meringue koek
Driehoek-kaaskoek van Ouma Miekie
Melktert van Ouma Elna
Koeksisters geskenk deur Ouma Miekie
Skons met sout-bolae van Ouma Elna
Frikkadelletjies (Ma het darem ook gehelp!)
Woolies worsrolletjies
Mosterdsous
Broodjies en patee van tannie Lisa (dankie vriendin!)

Net om die Sondag-kuier super lekker te maak - het tannie Thelwyn-hulle kom kuier met kleine Martelize! 'n Brose 12 daggies oud, en tannie Thelwyn lyk fantasties! Dankie sus - ek weet dis moeilik om met so 'n kleine bondeltjie uit die huis te kom, en waardeer dit so dat julle hierdie spesiale dag met ons gedeel het!

Dankie Jesus - dat ons kan weet kindertjies is geskenke reguit uit U hand uit. Dankie Here dat ons kan weet, al kan ons as ouers nie altyd daar wees vir ons kind nie - U altyd daar sal wees al die dae van sy lewe! En dankie Here dat ons hierdie spesiale dag met ons familie kon deel - veral Franco se twee Oupas! Dankie dat U hulle gespaar het vir ons nadat hulle elkeen 'n beurt vroeer die jaar gehad het om ons groot te laat skrik! Ons loof U naam!

Ek is terug!

Sjoe! Ek raak agter met die updates - skuus ne! Dit was net moeilik om by te hou terwyl Ouma Elna en Oupa Frans hier gekuier het - die rekenaar met die ADSL lyn is in die spaarkamer opgestel! :-)

Dit gaan darem goed met my! Arme Franco trek bietjie swaar - hy het Woensdag 2 inspuitings gehad, en dit lyk of die tandjies erg beginne pla. (Ek weet dis vroeg vir tande - maar altwee Oumas en verskeie tannies by die familiefees is almal van mening dat die twee klein wit knoppies in die prinsie se onderste tandvleis inderdaad tandjies is) Hy kry sy oppe en sy affe - gisteraand en vanoggend is maar 'n af-tyd en Boeta wil net vasgehou en geliefie word, en glad nie weet van slaap nie.

Jesus, U moet werklik amazing wees. U het soveel kinders, en U het altyd tyd vir elkeen van ons, en raak nooit moeg en ongeduldig met ons selfs al is ons super needy en cranky nie! Dankie dat U nooit sluimer of slaap nie, en altyd met liefde oor ons waak. En dankie veral Jesus dat ek 'n maatjie het om hierdie ouerskap-ding mee te deel; dankie vir 'n pappa wat kan help traantjies afdroog as die mamma self voel om saam te huil! :-)

Wednesday, August 6, 2008

Sneakpreview: Franco se Inseening foto


Franco word vanaand ingeseen tydens 'n intieme plegtigheid by die kerk. Sondag-oggend word hy voorgestel aan die groter gemeente, en die kerk wou 'n fototjie he van die klein prins.


Hier is die fototjie wat ons gekies het (dis een van die fotos van ons 3 maande studio sessie) Is hy nie die pragtigste, vriendelikste babatjie nie?
Ons voel so bevoorreg om die eer te he om ouers te wees vir hierdie spesiale seuntjie. Ons sal ons bes probeer Here, om hom groot te maak in U wil en ons bid dat hy sommer vroeg-vroeg sal besef hoe nodig ook hy vir U het. Dankie Here, dat daar vir ons kan LEWE wees omdat U reeds die gesterwe het!

Toonnaels sny vir die eerste keer!

Moes gister Franco se toonnaeltjies sny vir die heel eerste keer! Sy vingernaeltjies groei so vinnig, ek sny dit elke 2-3 dae (beginnende in die hospitaal!), maar tot op hede was dit nie nodig om die toonnaeltjies by te kom nie.

Was nogals 'n mission - die klein prinsie het 'n paar stewige beentjies aan hom en dis moeilik om sy voet stil te hou as hy wil skop-skop. Gelukkig kuier Ouma Elna nog hier, en kon sy vir Franco so entertain dat hy skaars agter gekom het ek sny sy naels! :-)

Dis SO lekker om hulle hier te he - ek wens hulle hoef nooit weer terug te gaan nie!

Dankie Here - vir daaglikse ontwikkeling in ons seuna se lewe, en dankie Here dat ons hierdie spesiale tye kan deel met ons ouers. Franco is 'n baie gelukkige seuntjie met sy 2 Oumas en 2 Oupas! Ons loof U naam!

Friday, August 1, 2008

Ouma Elna verjaar!

Ouma Elna het gister verjaar - dis so lekker dat hulle nou hier kuier, toe kon ons dit saam vier! Het die verjaarsdag gaan vier by 'n restaurant wat spesialiseer in stir-fry etes (Jy kies jou eie bakkie groentes,vleis, sous ens. en gee dan vir die kok om gaar te maak. Te heerlik!)

Franco was bietjie knieserig, maar het gou-gou stil geword toe Ouma hom op har skoot vashou. Al te lekker bederf! Maar wie kan dan so 'n oulike baba weerstaan as hy so mooi glimlag?

Franco het darem vir sy ouers ook bietjie bederf gister - na hy so 20h homself knuppeldik gedrink het, het hy so teen 21h die stryd teen Klaasvakie verloor en geslaap tot 4am vanoggend! Dankie my kind! Dink ek en jy het altwee 'n heelwat beter dag as ons tweetjies bietjie beter geslaap het die vorige aand.

O ja! En ons het die proewe van die fotos gekry vanoggend - Franco is te skattig! Nou het ek net die moeilike taak om enetjie te kies om vir die kerk te e-mail vir Franco se inseening Woensdag.

3 maande, 1 week, 2 dae